Golden Globe

       Golden Globe-prys      

Toegeken vir Uitnemendheid in rolprente en op televisie
Borg Hollywood Foreign Press Association
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Datum Jaarliks in Januarie
Eerste toekenning 20 Januarie 1944 (1944-01-20)
Webtuiste goldenglobes.com

Die Golden Globes is Amerikaanse pryse wat sedert 1944 deur die 93 lede van die Hollywood Foreign Press Association (HFPA) toegeken word vir uitnemendheid in rolprente en op televisie, plaaslik en internasionaal. Die jaarlikse formele seremonie waarop die pryse toegeken word, is ’n belangrike deel van die rolprentwese se prysseisoen, wat eindig met die jaarlikse Oscar-toekenningsaand.[1]

Die 76ste Golden Globe-toekenningsaand, wat uitnemendheid in 2018 vereer het, is op 6 Januarie 2019 in die Beverly Hilton Hotel in Beverly Hills, Kalifornië, gehou. Dit vind sedert 1961 hier plaas.[2]

  1. "HFPA History". www.hfpa.org (in Engels). HFPA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 2 November 2008.
  2. Butler, Don. "Beverly Hilton recaptures lustre of its glory days", Regina Leader-Post, 9 Mei 2008. Besoek op 28 Januarie 2009

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search